代写范文

留学资讯

写作技巧

论文代写专题

服务承诺

资金托管
原创保证
实力保障
24小时客服
使命必达

51Due提供Essay,Paper,Report,Assignment等学科作业的代写与辅导,同时涵盖Personal Statement,转学申请等留学文书代写。

51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标

私人订制你的未来职场 世界名企,高端行业岗位等 在新的起点上实现更高水平的发展

积累工作经验
多元化文化交流
专业实操技能
建立人际资源圈

Verbeelding

2013-11-13 来源: 类别: 更多范文

Die verbysterende wonder van die menslike verbeelding! Mensdom, jy sal jou wat verbeel! Sonder ons verbeelding sou ons nie mense gewees het nie, maar masjiene. Hoe kan ’n mens immers skep as jy jou nie vooraf kan verbeel nie... as jy jou nie die plan kan voorstel van dit wat jy beoog om tot stand te bring nie' VERBEEL jou jy’t geen verbeelding gehad nie. Dat jy nie die vermoë besit het om planne te beraam of selfs nie die vaagse benul van dagdromery gehad het nie. Dan was jy mos geen mens nie, maar ’n masjien. ’n Ryke verbeeldingskrag is juis wat ons mense die vaardige en ondernemende wesens maak wat ons is. Ons is immers gemaak na die beeld van ons Skepper, wat ons die wonderlike inisiatief gegee het om self ook te skep, oftewel dinge deur middel van ons denke en verbeeldings tot stand bring. En dit is nie al nie. Verbeelding help ons boonop in ons verhoudings met ander mense. Die vermoë om jou te verbeel dat jy in iemand anders se skoene staan, is baie belangrik om jou medemens se lief en leed behoorlik te kan begryp. “Verbeelding,” het die groot geleerde Albert Einstein eenmaal gesê, “is belangriker as kennis. Kennis is beperk. Verbeelding kring reg om die wêreld.” Maar eintlik omspan die menslike verbeelding nie net hierdie aardbol waarop ons woon nie, maar strek dit onmeetlik ver tot by die vaagste grense van tyd en ruimte. Niks is vinniger as die snelheid van lig nie—byna 300 000 km per sekonde—het die einste Einstein ons vertel, maar die verbeelding kan in ’n oogwenk na die verste buitewyke van die heelal spring! DAAR is natuurlik baie vorms van verbeelding en dit verskil vanselfselfsprekend van mens tot mens, tussen mans en vroue en seuns en dogters, en van ouderdomsgroep tot ouderdomsgroep. Die kind se dagdrome is byvoorbeeld baie anders as dié van die grysaard in die skemer van sy lewe. Die jong bruidjie koester in haar verbeelding in die fleur van haar huwelik die mooiste verwagtinge, maar die treurende weduwee se lugkastele lê aan skerwe langs die kluite op haar oorlede man se kis. Onder die vorms wat verbeeldingsvlugte kan aanneem, kan ons drie belangrike soorte onderskei. Daar is die verbeeldingsvlugte waarin die dromers hulself as oorwinnende helde beskou. In hul gedagtewêreld kry hulle alles wat hul hart begeer—geld, roem, oorwinnings— omdat hulle in hul dagdrome altyd beter vaar of meer rykdomme as ander mense inpalm. Daarteenoor kan ander bouers van lugkastele hulself weer as lydende helde beskou, wie se eintlike grootheid en betekenis glo eers besef sal word wanneer hulle die dag nie meer daar sal wees nie. In hul geestesoog ervaar hulle hulself as ongelukkige, misverstane mense. Vir hulself is hulle in der waarheid groot en geniale geeste—bekwame uitblinkers wat in hierdie lewe eenvoudig misgekyk word. Nog ’n vorm van verbeeldingsvlugte is waar die dromers hulself só met hul helde identifiseer dat hulle as ’t ware self daardie helde word. ’n Seun kan hom byvoorbeeld verbeel hy is dié of daardie groot bokskampioen wat so onaantasbaar sterk is dat niemand hom ooit in die bokskryt kan klop nie. Sulke dromers kan in hul gedagtewêreld só opgaan in die wêrelde van die beroemdes wat hulle verafgood dat hulle self in werklikheid niks gedaan kry nie. Maar, soos ons reeds te kenne gee het, is beslis nie alle verbeeldingsvlugte ydele drome nie. Alle prestasies en elke liewe uitvindsel wat vandag ons lewe soveel makliker maak, het tog ook eenmaal in die verbeeldings van volhardende en vindingryke mense begin. Hoewel dagdromery dus ongesond kan wees wanneer hulle aanhoudend voorkom en ’n persoon se gees só in beslag neem dat hulle nie meer self aktief of handelend wil wees nie, kan sulke verbeeldingsvlugte binne sekere perke goed en gesond wees. Die dromer kan dalk ’n skielike insig kry wat ’n netelige probleem oplos waarmee daar al geruime tyd geworstel is. In dié geval was nie slegs dromery nie, maar werklike denkprosesse ook in die spel. ’n Mens kan jou onmoontlik indink wat die menslike denke en verbeelding vorentoe nog alles kan optower. Soos ’n beroemde fietsryer dit op ’n keer gestel het: “Perke bestaan slegs in ons gedagtes. Maar as ons ons verbeeldings gebruik, raak dit waartoe ons in staat is sonder perke.” Nou ja, die mens se verbeelding is weliswaar nie naastenby groot genoeg om ooit sonder perke te wees nie, want dan sou dit dié ewenaar van die Een wat ons geskape het. Maar dit bly belangrik dat ons een ding sal besef. Dit is dat ons nooit iemand durf verhinder om gesonde drome te droom nie—planne wat miskien tot iets kan ontwikkel wat nog tot groot diens van die dromer self, sy medemens of selfs die hele mensdom sal blyk te wees. Stel jou voor iemand het destyds, sê maar, die Fransman Louis Pasteur gekeer om sy verbeelding te gebruik... dan sou hy mos nie kon bewys het dat mense teen siektes beskerm kan word deur hulle met verswakte kieme in te ent nie. En hoe anders sou die geskiedenis nie verloop het indien ons nooit daardie kennis gehad het nie! VERBEELDINGSKRAG word wetenskaplik beskrywe as die vermoë om deur die verstand beelde, sensasies en konsepte te skep, in ’n oomblik wanneer hulle nie deur die sig, gehoor en ander sintuie waargeneem word nie. En as ’n mens dieper op die wese van die menslike verbeelding ingaan, betree jy werklik ’n wêreld van die esoteriese. Presies wát laat ons byvoorbeeld wees wat ons is sodat ons ons omgewing juis só ervaar en belewe as wat ons dit doen' Wat laat ons só dink en handel op prikkels dat ons agterna daardie kennis as boublokke kan gebruik om deur die denke en verbeelding nuwe geestelike of materiële dinge tot stand te bring' Die gedagte is al selfs geopper dat die menslike bewussyn in sy totaal op verbeelding gegrond is. Waarop dit neerkom, is dat niks heeltemal deur waarneming begryp word nie, maar dat alles ’n wisselwerking tussen sintuiglike waarneming en die verbeelding is. Grootmense dink baiemaal die kinders jok vreeslik, maar dit is nie werklike leuens nie, net iets wat ’n mens verbeeldingsleuens kan noem. Party kinders wat 'n sterk fotografiese geheue het, soos baiemaal daarna verwys word—maak goed gebruik van hierdie sonderlinge vermoë wanneer hulle leer. Wanneer hulle in die eksamenlokaal iets moet weergee wat hulle geleer het, sien hulle as.’t ware die handboek oop voor hulle en skryf hulle feitlik woord vir woord daaruit af sonder dat die boek werklik daar is. Of dit werklik ’n geheue is wat vinnig ’n breinfoto van ’n bladsy in ’n boek kan neem, om dit so te stel, is ook betwisbaar. Sulke aansprake is, sover vasgestel kan word, nog nooit in wetenskaplike toetse bewys nie. Maar dat daar mense is wat ’n werklik uitgesonderlike geheue het, kan nie ontken word nie. Wat sou ons met ’n gewone geheue nie wou gee om in die eksamentyd ook só talentvol te wees nie!
上一篇:Was_Germany_Mostly_Responsible 下一篇:Unit_5-Principles_of_Safeguard