服务承诺
资金托管
原创保证
实力保障
24小时客服
使命必达
51Due提供Essay,Paper,Report,Assignment等学科作业的代写与辅导,同时涵盖Personal Statement,转学申请等留学文书代写。
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标私人订制你的未来职场 世界名企,高端行业岗位等 在新的起点上实现更高水平的发展
积累工作经验
多元化文化交流
专业实操技能
建立人际资源圈Sosiologie
2013-11-13 来源: 类别: 更多范文
Inleiding
Die nie-standaardindiensneming van werknemers, ook bekend as atipiese werk, kom deesdae algemeen voor. Die uitwerking daarvan is 'n onderwerp waaroor wyd navorsing gedoen word. Wanneer daar gekyk word na die ontwikkeling van die globale ekonomie sedert 1970, is een van die belangrikste veranderinge, sekerlik die groei in atipiese vorme van indensneming, hoofsaaklik informalisering en buigsaamheid, in beide ontwikkelde en ontwikkelende lande (Valodia, 2001).
Wat behels die term atipiese werk' Navorsing toon dat daar drie verwante prosesse is wat die verhoging in nie-standaardindiensneming veroorsaak: geleentheidswerk , eksternalisering en informalisering. Geleentheidswerk behels deeltydse werk, tydelike werk of seisoenwerk. Eksternalisering behels uitkontraktering, subkontraktering, tuiswerk en die gebruik van tydelike-werkverskaffingsdienste waar 'n derde party die diensverhouding betree en indiensneming eerder gereguleer word deur kommersiële maatreëls as deur arbeidswette. Informalisering verwys na die proses waar indiensneming grootliks ongereguleer is. Nie-standaardindiensneming is tradisioneel onder plaaswerkers, huiswerkers, tuinwerkers en veiligheidsbeamptes in Suid-Afrika aangetref (Backer, 2005).
Uitwerking van atipiese werk
Die gebruik van atipiese vorme van werk, het ’n groot uitwerking op indiensneming en verskeie werksgeleenthede. Wanneer daar gekyk word na die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies was daar in 1990 8,3 miljoen werkers in formele poste in SuidAfrika en 1,7 miljoen in informele poste. Onlangse peilings het egter getoon dat nie-standaardindiensneming dramaties gegroei het. In 2000 het sowat 1,55 miljoen mense kontrakwerk verrig. Nou is dit sowat 3,89 miljoen. Net ’n deel hiervan is nuwe werk. Permanente poste het in dieselfde tydperk van 10,7 miljoen tot 9,8 miljoen geval (Van Rensburg, 2010). Dit is dus duidelik sigbaar dat daar ’n afname is in die aanstelling van formele poste en dat daar alhoe meer van informele poste gebruik gemaak word
Volgens die arbeidsmagpeiling van Statestiek Suid-Afrika (SSA) in September 2002 verdien atipiese werkers dikwels beduidend minder as permanente werkers. Die 2003-arbeidsmagpeiling toon dat hierdie werkers minder geneig is om by vakbonde aan te sluit, om betaalde verlof te ontvang, om aan 'n pensioenfonds te behoort of om bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds te lewer.
Atipiese werkers staar ’n moeilike en duistere pad in die gesig. Hul is minder seker van werk as permanente werkers en verdien ook ’n laer salaris as permanente werkers. Vir atipiese werkers is daar ook gebrekkige voldoening aan arbeidswetsvereistes en indiensnemingstandaarde. Daar is onvoldoende veiligheids- en gesondheidstandaarde in werkplekke en het swakker nie-loonvoordele (Backer, 2005).
Vrouens en atipiese werk
Wanneer daar na die indiensneming van vroulike werkers in Suid-Afrika gekyk word, staan twee tipes van atipiese indiensneming uit. Die eerste een is die indiensneming van vrouens in die informele ekonomiese sektor. Hierdie werk sluit onder andere in straatverkoping en verskeie vorme van huisgebasseerde werk. Die tweede vorm van atipiese indiensneming behels buigbare werksomstandighede wat die vorm van kontrakwerk, deeltydse werk of tydelike werk aanneem ( Valodia,2001).
Wanneer daar na verskeie studies gekyk word, is dit duidelik sigbaar dat vrouens ’n oorhand het in hierdie tipe indiensneming. Soos reeds genoem is daar ’n groot toename in hierdie vorm van indiensneming, maar gaan gepaart met verskeie nagevolge. Daar word dikwels misbruik gemaak van vrouens en hul word ook gereeld uitgebuit omdat hul as maklike teikens beskou word. Vrouens wat hul tot hierdie tipes indiensneming wend, spring egter nie die nadelighede, wat gepaartgaan met atipiese werk, vry nie. Nee inteendeel, hul ervaar dit juis erger.
Om hierdie duistere pad te belig en om meer tegemoedkomend te wees ten opsigte van atipiese werkers, veral vrouens, is verskeie wette en regulasies inplek gestel wat hul onus daarop berus om hul te beywer vir die regte van atipiese werkers. Art. 198 van die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat tydelike werkverskaffingsdienste en die kliënt gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is as die tydelike-werkverskaffingdiens enige bedingingsraadooreenkoms, arbitrasietoekenning oor diensvoorwaardes die Wet op Basiese Diensvoorwaardes of sektorale vasstellings oortree (Valodia, 2001).
Om atipiese werkers doeltreffend te beskerm teen onbillike ontslag en onbillike arbeidspraktyke het die Departement van Arbeid aanbeveel dat die Wet op Billike Indiensneming gewysig word om te bepaal dat waar 'n meerderheid van deeltydse en tydelike werkers werk, hulle dieselfde diensvoorwaardes moet hê as permanente werkers wat dieselfde werk doen (Backer, 2005).
Goeie praktykskode oor uitkontraktering moet opgestel word. Tydelike-werkverskaffingsdienste moet verplig word om te registreer ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge of die Wet op Vaardigheidsontwikkeling. Daardeur moet hulle verplig kan word om aan die arbeidswette te voldoen. Hierdie registrasie behoort te lei tot 'n wetteregtelike regulerende instelling vir arbeidsmakelaars wat werkgewers sowel as vakbondlede in sy bestuursliggame moet hê. Die magte van bedingingsrade wat subkontraktering en uitkontraktering reguleer, moet duidelik uiteengesit wees. Beperkings moet ingestel word op die tydperk wat werknemers as tydelike werkers kan werk voordat hulle outomaties permanent aangestel word (Backer, 2005).
Backer,. L. Probleme in die werkplek.Rapport, 28 Augustus, 2005
RAPPORT, 28 AUGUSTUS 2005
LOOPBANE BL. 2
PROBLEME IN DIE WERKPLEK
Ál meer base verkies tydelike werknemers
LUTHER BACKER
Lang veldtog teen arbeidsmakelaars kan uitrafel
Apr 19 2010 06:22 Dewald van Rensburg

