代写范文

留学资讯

写作技巧

论文代写专题

服务承诺

资金托管
原创保证
实力保障
24小时客服
使命必达

51Due提供Essay,Paper,Report,Assignment等学科作业的代写与辅导,同时涵盖Personal Statement,转学申请等留学文书代写。

51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标

私人订制你的未来职场 世界名企,高端行业岗位等 在新的起点上实现更高水平的发展

积累工作经验
多元化文化交流
专业实操技能
建立人际资源圈

Misverstande

2013-11-13 来源: 类别: 更多范文

MISVERSTANDE Voorsitter, Jan van der Merwe bel Johannesburg Internasionale lughawe, en word deurgeskakel na die inligtingstoonbank. Hy vra hoe lank ‘n vlug tussen Johannesburg en London sal neem. Die dame aan die anderkant antwoord “Net ‘n minuut Mnr.” Daarop antwoord Jan van der Merwe “Baie dankie” en sit die telefoon neer. Dames en Here. ‘n Tipiese misverstand, het iemand gepraat sonder om iets te sê, of het iemand anders geluister, sonder om te hoor' Enige een van ons kan die slagoffer wees van ‘n misverstand. Die meeste mense sien ‘n misverstand net as iets waarvoor gelag kan word as dit met iemand anders gebeur, maar ek wil u graag oortuig dat die beste medisyne daarvoor ‘n tikkie humor is. Die eerste plek waar misverstande heerlik groei is in die teater. Vir ‘n outeur en regiseur is ‘n is ‘n misverstand noodsaaklik in vir ‘n suksesvolle opvoering. Dit vorm die basis waarop komedie gebou word, of die spil waarom die tragedie draai. Eeue gelede al het die slim skrywer WILLIAM SHAKESPEAR dit al geweet. Vandag ken ons almal die verhaal van Romeo en Juliet. En elke Afrikaner kan lekker lag vir Tobie Cronje. Volgens die webtuiste “Whoswho” het hy reeds in meer as 100 suksesvolle teater produksies as komediant opgetree. En wat van 7 de laan' Ons eie, ‘n volksegte program, vol intrige en misverstande wat vir lekker lag en huil in vele huishoudings sorg. ‘n Tweede teelaarde vir misverstande is nuwe tegnologie waarsonder die meeste van ons nie kan klaarkom nie. Hierdie speelvlak gee my Pa grys hare. Vir een of ander rede doen die rekenenaar nooit wat hy gedink het dit moet doen nie. In die Huisgenoot van 15 Julie 2007 is ‘n paar mense aangehaal wat by iemand se rekenaarwinkel navraag gaan doen het oor die internet. Daar was vrae soos “Ek wil graag ‘n internet koop, kan u vir my sê wat dit kos' of” Ek het nie ‘n rekenaar by die huis nie, is die internet in boekvorm beskikbaar'”. Hieroor kan mens net lag. Maar Dames en Here, daar’s ‘n derde plek waar misverstande soos wrede rankplante oor alles wat mooi is groei en die lewe kan versmoor. Dit is die oorvertel van skinderstories. Ons weet almal hoe ‘n skinderstorie ‘n stertjie kry, en nog een, en nog een en later is die oorspronklike onherkenbaar. Dit is soos om“telefoontjie” te speel. Ons sit in ‘n kring, en fluister in my maatjie se oor ‘n woord. Teen die tyd wat dit anderkant uitkom, is dit laaaankal heeltalmal iets anders en woeps, versmoor hierdie rankplant talle verhoudings. Om verkeerd te hoor, en daardie verkeerde storie oor te vertel, is soos om ‘n verekussing oop te skeur. As daardie vere eers die wêreld vol gewaai het, is dit onmoonlik om dit terug te sit in die kussing. In die Huisgenoot van 27 Augustus 2009 is ‘n paar voorbeelde van onnodige skinderstories, bv. die storie van Clarina, deelnemer in die huidige Boer soek ‘n vrou. Iemand het iewers uit haar verlede ‘n storie opgediep dat sy in die verlede al getroud was met ‘n boer, en toe geskei is. Is dit werklik nodig om die ou seerkry weer op te diep' Of die storie van Noah, Miley Cirus se klein sussie, wie se rokkies klaarblyklik te kort is, Hallo, sy is 9 jaar oud, is dit regtig nodig om oor haar KLEREDRAG ‘n bohaai op te skop' Daarom dink ek dis die beste om skinderstories dadelik te stuit met ‘n mooi glimlag en dan sê ek vinnig “Het jy al dié een gehoor, Waarom is 6 bang vir 7' Because seven “ate” nine!.” En daar verdroog die ou skinderplant sommer net daar! Dames en here, niemand van ons is umien teen misversande nie, daarom laat ek u met die woorde van die Amerikaanse sielkundige Gordon Allport “Die lewe het soveel knope wat nie losgemaak kan word nie, maar humor is die enigste swaard wat geskik is om dit los te wikkel…” Kom ons gee misverstande ‘n uitklophou en leer om vir onsself te lag……
上一篇:Mu_2.9 下一篇:Mercury