服务承诺
资金托管
原创保证
实力保障
24小时客服
使命必达
51Due提供Essay,Paper,Report,Assignment等学科作业的代写与辅导,同时涵盖Personal Statement,转学申请等留学文书代写。
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标私人订制你的未来职场 世界名企,高端行业岗位等 在新的起点上实现更高水平的发展
积累工作经验
多元化文化交流
专业实操技能
建立人际资源圈Herwin
2013-11-13 来源: 类别: 更多范文
Geagte voorsitter,
In Suid-Afrika word 67% blikkies herwin en slegs 50% papier.
Herwinning is om alle afval en gemors weer te gebruik en sodoende ons omgewing te beskerm.
Is dit nodig dat ons herwin'
Elke keer as ons papier herwin, red ons bome en gebruik ons minder water en krag. Die energie wat gespaar word as ons papier herwin is genoeg om energie aan 512 huise te voorsien vir ‘n hele jaar. Dit kan nogal welkom wees, veral in die winter.
Glas kan herwin word, maar as dit in die natuur gelaat word, kan dit nie afgebreek word nie. Die energie wat gespaar word deur glas te herwin kan weereens krag voorsien waar meer nodig is.
Blikkies is 100% herwinbaar. Hulle kan gesmelt word om nuwe staal te maak. Sodoende is dit nie nodig om yster uit die grond uit te haal nie.
Plastiekbottels kan nie natuurlik afgebreek word nie. Deur alles net weg te gooi, gebruik baie van ons land se spasie op wat beteken daar gaan nie meer plek wees vir parke en woongebiede nie. Deur die bottels te herwin, word daar plek gemaak en kan die dit beter gebruik word.
Hoekom herwin ons so min in Suid-Afrika'
Een rede is dat mense net nie omgee nie. Hulle is nie bewus van die skade wat ons aan die natuur aanrig nie en dink ook nie aan die gevolge vir hul nageslagte nie. Omdat ons dit nie werklik negatief ervaar nie, is dit maklik om te dink dit is nie ‘n probleem nie. Mense moet geleer word hoekom dit nodig is om te herwin en ook gewys word wat om te doen.
Dit bring ons by die volgende probleem. Mense weet nie hoe om te herwin nie en waarnatoe om alles te neem nie. In Suid-Afrika is daar nog nie so baie fokus op herwinning nie en is daar ook nie genoeg organisasies en hulp nie. Mens moet regtig uit jou eie uit moeite doen as jy wil herwin. Daar is twee hoofmaniere om te herwin. Eerstens kan jy ‘n organisasie soos Pikitup kontak. Hulle sal dan jou afvalmateriaal kom haal. Jy kan dit net uitsit op die sypaadjie. Ongelukkig moet jy gewoonlik ook betaal vir hierdie organisasies om alles te kom haal. Anders kan jy self ry na depots waar jy jou glas ens in spesifieke houers kan gooi. Dit is ongelukkig weer vir baie mense moeite en baie van ons weet nie waar die naaste plekke is nie.
Om op te som. Dit is baie noodsaaklik vir ons nageslagte en vir die behoud van die natuur dat ons herwin. Ons sal egter ‘n poging moet aanwend om seker te maak dat dit nie so moeilik is nie. Hopelik sal almal dan meer kans sien daarvoor en saamwerk.

