代写范文

留学资讯

写作技巧

论文代写专题

服务承诺

资金托管
原创保证
实力保障
24小时客服
使命必达

51Due提供Essay,Paper,Report,Assignment等学科作业的代写与辅导,同时涵盖Personal Statement,转学申请等留学文书代写。

51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标
51Due将让你达成学业目标

私人订制你的未来职场 世界名企,高端行业岗位等 在新的起点上实现更高水平的发展

积累工作经验
多元化文化交流
专业实操技能
建立人际资源圈

Anton_Ruperd

2013-11-13 来源: 类别: 更多范文

Anton Rupert vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie. Spring na: navigasie, soek Anthony Edward Rupert (4 Oktober 1916, Graaff-Reinet – 18 Januarie 2006, Stellenbosch) was 'n Afrikaanse entrepreneur van Suid-Afrika, besigheidsman en omgewingsbewaarder. Hy is gebore en het grootgeword in die dorp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Hy studeer in Pretoria en trek later na Stellenbosch, waar die Rembrandt Groep gestig is en steeds sy hoofkwartier het. Hy sterf in sy slaap by sy huis Thibaultstraat, Stellenbosch op die ouderdom van 89, en word oorleef deur sy seun Johann, 'n dogter Hanneli en ses kleinkinders. In 2004, word hy verkies tot die 28ste plek in die Voorste 100 Groot Suid-Afrikaners projek. Sakeloopbaan Nadat hy sy mediese studies gestaak het weens 'n gebrek aan geld, verwerf Rupert sy graad in chemie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy ook doseer vir ‘n kort tydperk. Hierna begin hy 'n droogskoonmaak onderneming. 'n Tyd hierna in die 1940's, met 'n aanvanklike belegging van 10 pond en saam met twee ander beleggers stig hy die tabakmaatskappy, Voorbrand. Aanvanklik word die sigarette in sy motorhuis vervaardig. Hy bou hierdie onderneming uit tot wat die tabak en industriële reus Rembrandt sou word. Rembrandt se buitelandse tabakbelange word gekonsolideer in die maatskappy Rothmans in 1972. Hy het die transformasie van Rembrandt wat verdeel het in Remgro ('n beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou en industriële belange) en Richemont ('n Switsers gebaseerde luukse artikel groep) bestuur. Richemont besit luukse handelsmerke soos Cartier, Alfred Dunhill, Sulka, Seeger, Piaget, Baume & Mercier, Vacheron Constantin en Montblanc. Hierdie besighede bestaan tans uit honderde maatskappye wat teenwoordig is in 35 lande op ses kontinente met 'n gekombineerde jaarlikse netto verkope in die omgewing van VSA $10 miljard. In 1995 het Rembrandt en Richemont hul tabakbelange gekonsolideer in Rothmans International, wat op daardie tydstip die wêreld se vierde grootste sigaretvervaardiger was. In 1999 het Rothmans International saamgesmelt met British American Tobacco (BAT), die wêreld se tweede grootste sigaretvervaardiger. Remgro het 'n 10% en Richemont 'n 18,6% aandeel in BAT. Rupert se oudste seun, Johann Rupert, is nou die uitvoerende hoofbestuurder van Richemont en voorsitter van Remgro. Die Rupert familie is ook betrokke by die Suid-Afrikaanse wyn- en drankindustrie. Hulle besit die L'Ormarins en La Motte wynlandgoedere en het 'n belang in Rupert & Rothschild Vignerons, die wynmaakvenootskap tussen die Rupert en Rothschild families (ten tye van die dood van Rupert se jongste seun Anthonij in 'n motorongeluk in 2001, was hy hoof van Rupert & Rothschild Vignerons.) Die Ruperts het ook gedeeltelike beheer van twee van Suid-Afrika se groot wynhandelshuise, Stellenbosch Farmers' Winery (SFW) en Distillers Corporation, wat tesame een uit elke ses bottels wyn in Suid-Afrika produseer en ongeveer tagtig persent van die land se brandewyn. Hierdie twee maatskappye het saamgemelt om Distel te vorm. Onder ander belange besit die Rupert Groep ook Suid-Afrika se tweede grootste kettinggroep van private hospitale, die Medi-Clinic Korporasie, met 3 900 beddens. Hy het ook 'n belangrike rol gespeel in die Suid-Afrikaanse Kleinsakeontwikkelingskorporasie, 'n nie-winsgewende maatskappy wat lenings aan klein en mediumgrootte maatskappye toestaan. Alhoewel hy openlik krities was oor die apartheidstelsel gedurende daardie era, beide tuis en oorsee, het hy konfrontasie vermy wat sy besigheidsbelange kon skaad. Betrokkenheid by natuurbewaring en die gemeenskap Rupert was ook nou betrokke in omgewingsbewaring en sy maatskappye was betrokke by die befondsing van die skone kunste. Sedert 1964 is stigtings tot stand gebring deur Rembrandt vir die bevordering van onderwys, kuns, musiek en die bewaring van historiese geboue. Rupert was 'n stigterslid van die WWF (World Wildlife Fund) en dit was in sy rol as die president van die organisasie se Suid-Afrikaanse tak dat hy die leiding geneem het in die stigting van oorgrensbewaringsgebiede (ook bekend as "vredesparke", soos die Groter Limpopo Oorgrenspark. Met 'n aanvangskenking van 1,2 miljoen Rand van die Rupert Natuurstigting, is die Peace Parks Foundation op 1 Februarie 1997 gestig ten einde die totstandkoming van oorgrens-bewaringsgebiede in Suider-Afrika te bevorder. Nelson Mandela, Prins Bernhard van Nederland en Anton Rupert was die stigtersbeskermhere van die Peace Parks Foundation. Ontsluit van "http://af.wikipedia.org/wiki/Anton_Rupert" Kategorie: Suid-Afrikaanse entrepreneurs
上一篇:Apendix_E 下一篇:Amazon.Com_Evolution